Natuurliketaalverwerking

Natuurliketaalverwerking (NLP), ook bekend as natuurliketaalprosessering, is 'n veld in die rekenaarwetenskap, kunsmatige intelligensie en rekenaarlinguistiek, waar die fokus op die interaksie tussen rekenaars en menslike (natuurlike) tale is. NLP is dus verwant aan die gebied van mens-rekenaar-interaksie. Heelwat uitdagings in NLP het te doen met natuurliketaalbegrip, met ander woorde, om rekenaars in staat te stel om betekenis van menslike of natuurlike taal te onttrek. Ander het weer te doen met natuurliketaalgenerering.

'n Geoutomatiseerde aanlynhelper word getoon wat diens aan kliënte op 'n webblad verskaf. Dit is 'n voorbeeld van 'n toepassing waar natuurliketaalverwerking 'n groot rol speel.[1]
  1. Implementing an online help desk system based on conversational agent Authors: Alisa Kongthon, Chatchawal Sangkeettrakarn, Sarawoot Kongyoung and Choochart Haruechaiyasak.

Developed by StudentB